SUIDERKRUIS-GEMEENTE
OGGENDDIENS: 2007
TEMA: “Julle is die sout van die aarde”
LITURGIE
WIE |
WAT |
DETAIL |
BORD/MUSIEK |
|
Vooraf musiek |
|
|
Liturg |
Welkom & groet |
|
welkom1 |
Liturg |
Gebed |
|
Stilgebed- |
Liturg |
Oproep tot lof |
Ou jaar is verby - nuwe jaar lê voor ons. Kom ons maak dit ‘n jaar van lof... Ps 50:14 “Lof is die offer wat jy aan God moet bring. Betaal jou geloftes aan die Allerhoogste.” |
Foto 1 |
MG |
Lof |
Op hierdie dag. . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .948 Prys die Here (bewegende agtergrond) (FLAM 23)963b U Goedertierenheid. . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 1042 |
948 963b 1042 |
Liturg Doopouers Oupas/oumas Liturg Liturg Leiers MG |
Doop |
Doopformulier Doopouers kom na vore: Len & Anel Cloete Babas ingebring Doopvrae en beloftes Doopbediening Gelukwensing en Bybels: Oom Charl & t Mettie Lied: Jesus het die kinders lief (KSL77). . . . . . . . . . .838 |
Doop3 Foto3 838 |
Liturg |
Oproep tot aanbidding |
Nuwe jaar, nuwe era, nuwe begin...hou by die Woord (Jos 1, 1 Kon 2, Ps 119:9) |
foto2 |
MG |
Aanbidding |
Die sonde lê en loer. . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .698 Ek bring my lewe. . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 711 Ek wil wandel op die godsweg. . . . . . . . . . . . . . . . . .720 ‘N Heilige God Ek wil met heel my wese. . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 719 Heilig, heilig, heilig (LB170). . . . . . . . . . . . . . . . . . . .775 |
698 711 720 foto4 719 775 |
|
|
Record aan |
Klank: Record |
Ouderling |
Voorbidding |
|
Stilgebed-5 |
Liturg |
Skriflesing |
Mat 5:13-16, Hand 1:8 |
Skrif-1 |
Liturg |
Preek |
Toegerus met krag van bo! |
Preek |
Almal |
Toewyding |
|
Stilgebed- |
Liturg |
Gebed |
|
Stilgebed |
|
|
Record af |
Klank: Stop Record |
Diakens |
Offergawe |
Afkondings op bord |
Dankoffers- afkondig |
Liturg |
Afkondigings |
|
|
MG |
Lied |
Helder skyn ons lig vir die nasies. . . . . . . . . . . . . . . 777 |
777 |
Liturg |
Seën |
|
|
PREEKSKETS
INLEIDING
Survivor
• Gaan om oorlewing
• Kerk dikwels in survival-mode
• Ons word nie geroep om te survive nie.
• Word geroep om die wêreld te beïnvloed en te verander.
Beeld:
• Sout en lig
• Ons neem nie vandag net kennis van Thomas Edison se uitvinding nie.
• Sy uitvinding verander ons hele wêreld.
Hoe kan ons die wêreld verander?
KRAG VAN GEBED
Jak 5:16 “Die gebed van ‘n gelowige het ‘n kragtige uitwerking”
1 Tim 2:1-2 “Ek dring daarop aan dat daar in die eerste plek met smeking, voorbidding en danksegging gebid moet word vir alle mense, vir dié wat regeer en vir almal wat gesag uitoefen, sodat ons 'n rustige en stil lewe kan lei in volkome toewyding aan God en in alle eerbaarheid.”
Duitse spreekwoord: “As ons ons hande in gebed saamvou, maak God Sy hande oop.”
Waar begin ‘n mens as jy die wêreld wil vernader?
• In jou binnekamer
• Op jou knieë
(Waar begin Jesus se kruisdood? In Getsemane - op Sy knieë)
Iemand skryf: “Die grootste hartseer is nie die gebede wat nooit verhoor is nie, maar die gebede wat nooit gebid is nie?”
Is jy ‘n bidder?
•
Wat is gebed?
• Stilword
• Praat met God
• Luister
• Vra
Om sout en lig te wees sal ons in 2007 bidders moet wees.
• Bid is moeilik
• Bid is ongemaklik
• Bid is harde werk
• Bid is ‘n effort
• Bid kom nie vanself nie
• Paulus smeek die gemeente om te bid
• WANT:
• wanneer mense bid, luister God
• Hy verhoor gebede
• Hy gryp in
• Hy genees
• Hy troos
• Hy help
Het julle al agter gekom ons bid nie vir die dinge waarmee ons stoei nie:
• rassisme
• drankmisbruik
• buite-egtelike verhouding
• saamwoon
• HOEKOM?
• Want ons weet God gaan luister...
• Hy gaan ons vernader..
KRAG VAN WAARHEID
Joh 1:14 “Die Woord het mens geword en onder ons kom woon. Ons het sy heerlikheid gesien, die heerlikheid wat Hy as die enigste Seun van die Vader het, vol genade en waarheid.”
Romans 1:16 “Ek skaam my nie oor die evangelie nie, want dit is 'n krag van God tot redding van elkeen wat glo, in die eerste plek die Jood, maar ook die nie-Jood.”
• Joh 14 “Ek is die weg en die waarheid...”
• Vandag: “tolerance”
• Goed dat ons verdraagsaam is.
• Vraag is: hoe ver gaan verdraagsaamheid?
• Moet ek dit vedra dat iemand verlore gaan?
• Moet ek op ‘n stadium vir iemand sê dat hy op die verkeerde pad is?
Mark 12:14 “Hulle kom sê toe vir Hom: Meneer, ons weet dat u iemand is wat u mening eerlik uitspreek sonder om mense in aanmerking te neem, want u let nie op die aansien van persone nie. U is getrou aan die waarheid en so maak u die wil van God bekend. Is dit reg om aan die keiser belasting te betaal, of is dit nie? Moet ons betaal, of moet ons nie betaal nie?”
• Waarheid in klein dinge: belasting
• Links en regs CD’s copy
• Werk afskryf
• Dinge by die werk vat
Joh 17:17 “Laat hulle aan U toegewy wees deur die waarheid. U woord is die waarheid.”
• Johannes skryf: U Woord = die waarheid
• Dit bevat nie plek-plek die waarheid nie.
• Commitment aan die waarheid beteken commitment aan die Woord.
Joh 8:32 “en julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vry maak.”
• Maak vry
• Op watter manier?
• Vry van hulle eie veroordeling
• Vry van ander mense se veroordeling
• Vry van vrees vir die toekoms
Nederig oor die waarheid: 6 Indiërs en Olifant
Waarheid baie sensitief: “Joe was vandag dronk”
“Die kaptein was vandag dronk”
Iemand skryf: “Wie die pyl van waarheid hanteer moet ‘n bietjie heuning aan die punt smeer”
KRAG VAN VOORBEELD
1 Pet 3:2 “Vrouens, julle moet aan julle mans onderdanig wees. As daar van julle is met mans wat nie die woord van God glo nie, en die mans sien hoe godvresend julle is en hoe voorbeeldig julle julle gedra, sal hulle vir Christus gewen kan word deur die gedrag van hulle vrouens. Dit sal nie eens vir julle nodig wees om 'n woord te sê nie.”
Dan
Job
KRAG VAN GROEP
Markus 6:7 “Jesus het die 12 nader geroep en hulle twee-twee begin uitstuur.”
12 Dissipels
Vroeë kerk
Liggaam
DIE KRAG VAN EENHEID
Joh 17:21 “Ek bid dat hulle almal een mag wees, net soos U, Vader, in My is en Ek in U, dat hulle ook in Ons mag wees, sodat die wêreld kan glo dat U My gestuur het.”
SLOT:
Sout en lig.
• Ons gemeente is nie sommer net hier nie.
• Ons is hier met ‘n doel en ‘n missie.
• Ons het ‘n opdrag.
• Ons moet sout en lig wees.
• Ons is nie besig met ‘n survival game nie.
• Ons is nie in ‘n oorlewingstryd nie.
• Ons is hier om ‘n impak op lewens te hê.
• Mense se lewens te verander.
• Mense se denke te verander.
• Mense se lewensomstandighede te verander.
• Om dit te vereik sal ons in 2007 moet ...
• saamstaan
• bid
• die waarheid praat
• en ‘n voorbeeld stel in elke deel van ons lewe.